Sign in
 -  Now showing -  Forthcoming attractions
Semi-soet numet.ro/semisoet 2100

Release date: Fri 17 Feb 2012
Running time:107
Age restriction:PG L
’n Halwe waarheid. ’n Halwe leun. ’n Hele gedoente.

Selferkende werkholis, Jaci van Jaarsveld, sal alles in haar vermoë doen om te keer dat die advertensiemaatskappy waarvoor sy werk oorgeneem word deur ‘n genadelose sakeman bekend as "The Jackal." Haar enigste hoop is om ‘n groot kontrak los te slaan vir ‘n wynlandgoed wat hul wyne internasionaal wil bemark. Makliker gesê as gedaan, veral as die wynboer vereis dat die persoon wat sy wyn gaan bemark in ‘n gevestigde liefdesverhouding moet wees.

Uit desperaatheid besluit Jaci om ‘n model te huur om hom voor te doen as haar verloofde. Gevolglik neem sy aan dat die eerste aantreklike man wat by hulle kantore instap deur die modelagentskap gestuur is.

Als blyk seepglad te verloop met die ontmoeting met die wynboer, totdat hy vir Jaci en haar ‘verloofde’ wynplaas toe nooi vir ‘n naweek waartydens sy teen die opposisie sal moet meeding vir die kontrak. En wie is die opposisie? Jaci se eks-verloofde, Markus Rossouw.

Net wanneer Jaci dink dat sy in volle beheer is besef sy dat haar kamstige verloofde, JP, die einste "Jackal" is wat haar maatskappy probeer sink.

Genre: Comedy, Romance
Cast: Anel Alexander, Nico Panagio, Sandra Vaughn, Louw Venter, Diaan Lawrenson, Paul Du Toit, Corine Du Toit, Louis Minnaar
Directed by: Joshua Rous
Screenplay: Sandra Vaughn
Music: Orangotang Music, Michael Bester
Produced by: Anel Alexander, James Alexander
Language: Afrikaans

Links: Visit the ‘Semi-soet’ official website  Visit the ‘Semi-soet’ official Facebook page  Visit the ‘Semi-soet’ official Twitter page  Internet Movie Poster Awards entry for ‘Semi-soet’  IMDb page for ‘Semi-soet’  Film & Publications Board page for ‘Semi-soet’  numet.ro/semisoet         One-page HTML synopsis for Semi-soet