Sign in
 -  Now showing -  Forthcoming attractions
‘n Saak van Geloof numet.ro/geloofsaak 2214

Release date: Fri 9 Sep 2011
Running time:90
Age restriction:PG
Ontdek die wonderwerk van liefde.

Toe Marietjie Naudé, ‘n plaasmeisie van die Karoo, vir haar ouers vertel dat sy swanger is, was dit vir hulle nogals ‘n skok. Natuurlik glad nie so ‘n groot skok as soos sy vir hulle verder vertel dat sy nog ‘n maagd is en dat dit die Heilige Gees is wat haar moes bevrug het nie. Veral haar pa, Kallie, wil graag sy dogter glo, maar soos Sanna wat in die Naudé’s se kombuis werk dit stel: Geloof kom nie altyd so maklik nie.

Ten spyte van die sewe-jaar-droogte wat gebreek word tydens Krisjan se geboorte en die feit dat Sanna se man Abel wonderbaarlik van siekte genees word, bly die kerk en die dorp se mense skepties oor Marietjie se storie. Sy besoek van daar af elke Sondag ‘n ander kerk, op soek na ‘n gemeente wat bereid is om nog in wonderwerke te glo.

‘n Saak van Geloof, is op ‘n manier ‘n hedendaagse hervertelling van die Christus verhaal, en ‘n versugting na ‘n tyd toe wonderwerke nog aan die orde van die dag was. Dis ‘n deernisvolle verhaal oor ‘n plattelandse gemeenskap wat gekonfronteer word met alles waarin hulle glo.

Genre: Drama
Cast: Robbie Wessels, Lelia Etsebeth, Vanessa Lee, Michael Brunner, Niekie Van Den Berg, Riana Nel
Directed by: Diony Kempen
Screenplay: Jaco Botha, Diony Kempen
Music: André Kempen
Produced by: Carmel Nayanah
Language: Afrikaans

Links: Visit the ‘‘n Saak van Geloof’ official website  Visit the ‘‘n Saak van Geloof’ official Facebook page  Visit the ‘‘n Saak van Geloof’ official Twitter page  Film & Publications Board page for ‘‘n Saak van Geloof’  numet.ro/geloofsaak         One-page HTML synopsis for ‘n Saak van Geloof