Sign in
 -  Now showing -  Forthcoming attractions
Wolwedans in die Skemer numet.ro/wolwedans 2275

Release date:  
Running time:94
Age restriction:13 S V
Op die oog af het Sonja Daneel tot dusver ʼn gemiddelde en taamlik vervelige bestaan gevoer. Tot sy die dag aansoek doen om as ontvangsdame by die beroemde Hotel Njala duskant Hazyview in Mpumalanga te gaan werk.

Die hele kaartehuis tuimel inmekaar as sy in ʼn motorongeluk beland op pad hotel toe om daar as ontvangsdame te begin. Wanneer sy uit die motorwrak steier, besef sy dat sy nie kan onthou wie sy is of wat sy hier kom maak het nie. Sy ly aan geheueverlies. Al wat sy weet, is dat sy ʼn wolf voor haar in die pad sien staan het.

Maar daar is mos nie wolwe in die Hazyview-vallei nie. Of ... is daar?

Sy besef ook dat sy, in haar vorige lewe, op een of ander onverklaarbare manier verbind was aan die hotel. En sy is vasbeslote om uit te vind hoe.

Verskeie mense staan in die pad van die herwinning van haar geheue. Die onheilspellende Jan Joubert, eggenoot van die eienares Diana Joubert, praat min en kommunikeer net deur rooi rose op Sonja se bed neer te sit. Diana Joubert blyk in ʼn wêreld van haar eie te leef as sy pille moet gebruik om genoeg krag te kry om die hotel van bankrotskap te red.

Haar oudste dogter Adéle bestuur die hotel met ʼn ysterhand en maak dit duidelik dat sy Sonja nie daar wil hê nie. Haar jonger, skaam introvert suster Maggie voer meganies bevele uit en droom van die dag dat sy dalk die hotel kan erf.

Die enigmatiese Ryno Lategan is die ekstrovert toergids wat hom oor Sonja ontferm en haar belowe dat hy haar sal help om haar geheue te herwin. Sy raak op hom verlief, maar hy bly afsydig. En dan is daar Armand Naudé, wildbewaarder en eienaar van die Pendula Wildtuin, wat ook vir Njala wil inpalm as deel van sy sakeryk.

Hierdie mense se lewens word onherroeplik verander deur Sonja Daneel se aankoms, en deur ʼn onverwagse moord wat gepleeg word. Dit is die siniese Luitenant Conrad Nolte, met sy diaboliese sin vir humor, wat snuf in die neus kry dat alles nie pluis is nie. Saam met hom probeer sy assistent, sersant Berta Matthee, om nie net die saak op te los nie, maar sommer terselfdertyd ʼn man los te slaan.

Dan word ʼn tweede moord gepleeg en beweeg al hierdie mense se lewens op dramatiese en gewelddadige wyse na ʼn onafwendbare klimaks.

Based on Wolwedans in die Skemer (radiovervolgverhaal) by Leon van Nierop.

Genre: Drama, Thriller
Cast: Rolanda Marais, David Louw, Lelia Etsebeth, Desiré Gardner, Gerard Rudolf, Jacques Bessenger, Illse Roos, André Roothman, Riana Wilkens, Karen Wessels
Directed by: Jozua Malherbe
Screenplay: Leon van Nierop
Music: Benjamin Willem
Produced by: Danie Bester
Language: Afrikaans

Links: Visit the ‘Wolwedans in die Skemer’ official website  Visit the ‘Wolwedans in die Skemer’ official Facebook page  Visit the ‘Wolwedans in die Skemer’ official Twitter page  IMDb page for ‘Wolwedans in die Skemer’  Film & Publications Board page for ‘Wolwedans in die Skemer’  numet.ro/wolwedans         One-page HTML synopsis for Wolwedans in die Skemer