Sign in
 -  Now showing -  Forthcoming attractions
Klein Karoo numet.ro/kleinkaroo 2669

Release date: Sat 31 Aug 2013
Running time:95
Age restriction:7–9PG
’n Klein begin. ’n Groot droom. ’n Nuwe lewe.

‘n Jong onderwyseres van Oudtshoorn, Cybil Ferreira, sal enigiets in haar vermoë doen om te verseker dat haar projek voortgaan by die plaasskooltjie, Kalfieskraal. Sy droom daaroor om ’n sentrum te vestig waar die omgewing se kinders, wat ly onder die invloed van alkoholisme in die Swartberg Vallei, veral oor naweke ’n veilige hawe kan vind.

Cybil se droom is egter in gevaar nog voor dit regtig van die grond af kan kom: Die grond waarop Kalfieskraal staan is te koop en geen van die moontlike kopers stel belang in die projek nie. Nie eens Cybil se skatryk verloofde, die volstruisboer Meyer Labuschagne, gee veel om oor die toekoms van die projek of die kinders nie.

Cybil se laaste hoop is om die direkteur van die Global Upliftment Fund, wat tans in die Klein Karoo soek na projekte om te ondersteun, te oortuig om haar projek te befonds.

So kom Frans Coetzee in die prentjie in. Frans is ’n filmmaker met ’n gebreekte hart, wat in die Klein Karoo is om saam met sy span ’n dokumentêr te maak oor opheffingswerk in die omgewing—en hopelik in die proses te vergeet van liefde, vrouens, en al die moeilikheid wat daarmee saam kom.

Maar dan kruis Cybil en Frans se paadjies, en beide se wêrelde word totaal omver gegooi.

As Cybil haar hart volg, beteken dit sy moet haar drome opgee, of sal ware liefde juis haar drome vlerke gee?

En is Frans bereid om liefde nog ’n kans te gee?

Genre: Comedy, Drama, Romance
Cast: Donnalee Roberts, Tim Theron, Hykie Berg, Anel Alexander, Sisanda Henna, Pierre Breytenbach, Helene Truter, Liandie Du Randt, Bouwer Bosch
Directed by: Regardt Van Den Bergh
Screenplay: Etienne Fourie, Tim Theron
Music: Helmut Meijer, Tim Theron, Die Vosperd Brigade
Produced by: Cobus Van Den Berg, Tim Theron, Jorrie Van Der Walt
Language: Afrikaans

Links: Visit the ‘Klein Karoo’ official website  Visit the ‘Klein Karoo’ official Facebook page  Visit the ‘Klein Karoo’ official Twitter page  Wikipedia entry for ‘Klein Karoo’  Film & Publications Board page for ‘Klein Karoo’  numet.ro/kleinkaroo         One-page HTML synopsis for Klein Karoo