Sign in
 -  Now showing -  Forthcoming attractions
Vrou soek boer numet.ro/vrousoekboer 3011

Release date: Fri 7 Mar 2014
Running time:128
Age restriction:PG L
’n Mens se baksels proe altyd beter as jy verlief is.

Mareike is ’n stadsmeisie en suksesvol in haar veeleisende beroep. Haar liefdeslewe laat egter veel te wense oor. Ná ’n onderonsie met haar baas, verruil sy die stad vir die platteland om ’n bakkery oor te neem wat sy geërf het. Haar nuwe lewe hou meer in as wat sy kon indink. Buiten dat sy haar snyerspakkies vir ’n voorskoot moet verruil, begin die poppe dans wanneer sy tussen Meneer Aantreklik en Meneer Reg moet kies.

Die frustrasie oor haar onvermoë voor die bakoond in die bakkery word vererger wanneer sy gereeld in Neil, ’n boer van Wakkerstroom, bly vasloop. Ná ’n heel paar rampspoedige afsprake met mans in die omgewing ontmoet sy vir Stander wat glo Mareike is die vrou vir hom. Maar is Stander die man vir haar of gaan sy en Neil hulle aanvanklike irritasie met mekaar vir iets meer kan verruil?

Genre: Comedy, Romance
Cast: Lika Berning, Nico Panagio, Bok Van Blerk, Marga Van Rooy, Almarida Reynecke, Rowan Cloete
Directed by: Maynard Kraak
Screenplay: Jacomien Bezuidenhout
Music: Kevin Kraak
Produced by: Maynard Kraak
Language: Afrikaans

Links: Visit the ‘Vrou soek boer’ official Facebook page  Visit the ‘Vrou soek boer’ official Twitter page  IMDb page for ‘Vrou soek boer’  Film & Publications Board page for ‘Vrou soek boer’  numet.ro/vrousoekboer         One-page HTML synopsis for Vrou soek boer