Sign in
 -  Now showing -  Forthcoming attractions
Nul is nie niks nie 3924

Release date: Fri 7 Jul 2017
Running time:
Age restriction:
Nul is Nie Niks Nie is ’n inspirerende hartsverhaal oor die lewe, die dood en die volgehoue hoop wat tussen die twee gevind kan word.
Dertienjarige Hoender (Martin) Retief is ‘n hoenderboer wat uitblink in wiskunde. Hy woon in ‘n dooie, plattelandse dorpie en verkoop sy hoenders se eiers as sakgeld.
Tannie Hantie, die lewendigste lid van die gemeenskap, ondersteun lojaal Hoender se eier verkope en is ook ‘n oor wat luister wanneer Hoender graag by iemand wil afpak.
Hoender word onverwags vriende met die nuwe buurseun, Drikus Ferreira. Hy ly aan Hodgkins se siekte en sy laaste droom is om ‘n zombiefliek te maak.
Hoender, die rissiepit Chris (Hoender se droommeisie) en Drikus vorm vinnig ‘n hegte band. Die filmspannetjie ontsnap saam van hulle daaglikse eentonige lewens en bekommer hulle nie meer oor skool boelies, Drikus se oorbeskermende ouers en Hoender se kluisenaar ma nie.
Hoender moet diep delf – om seker te maak Drikus se film word wel voltooi moet hy opstaan vir dit wat reg is, gaan vir dit wat hy wil hê en nooit opgee in dit wat hy glo nie.
Drikus se film red die dooie gemeenskap en blaas weer nuwe lewe in die eens stil en verlate strate.
Hoender se familie besef ook dat hulle nie meer in die verlede kan lewe nie. Die tyd om te lewe is nou!
“Nul is nie niks nie, dis die middel. Dis halfpad tussen die positiewe en negatiewe getalle. Nul… is nie niks nie.”

Based on Oor ’n motorfiets, ’n zombiefliek en lang getalle wat deur elf gedeel kan word (the book) by Jaco Jacobs.

Genre:
Cast: Jaden van der Merwe, Pieter Louw, Daniah de Villiers, Morné Visser, Antoinette Louw, Marisa Drummond, June van Merch, Reine Swart, Luan Jacobs
Directed by: Morné du Toit
Screenplay: Lizé Vosloo
Music: Geo Höhn
Produced by: Lizé Vosloo, Stefan Enslin
Language: Afrikaans

Links: Visit the ‘Nul is nie niks nie’ official website  Visit the ‘Nul is nie niks nie’ official Facebook page  Visit the ‘Nul is nie niks nie’ official Twitter page  IMDb page for ‘Nul is nie niks nie’  Nu Metro Cinemas movie page for ‘Nul is nie niks nie’           #nulisnieniksniefilm