Sign in
 -  Now showing -  Forthcoming attractions
Jou Romeo numet.ro/jouromeo 4085




Release date: Fri 23 Dec 2016
Running time:94
Age restriction:PG


#Lopies #Leggings #Liefde

In ’n sportmalskool is Yvette, Tyler en die dramabrigade ’n piepklein #arty minderheid en hulle het slegs een doel voor oë: Om Romeo en Juliet in hul matriekjaar op die planke te bring. Die skoolhoof, Meneer Kirby Potgieter, het egter ander planne en sny die kuns- en kultuurbegroting vir opgraderings aan die krieketklubhuis.

Desperaat om kaartjies te verkoop en sodoende die vertoning te red, beraam Yvette en Tyler ’n plan. Hulle oortuig die skool se sportheld en hartebreker, Marko Marais, om die rol van Romeo in Tyler se plek te vertolk. Hulle plan werk en die kaartjies verkoop soos soetkoek.

Marko voel onverwags aangetrokke tot die bleek dramasiel Yvette. Sy sien ook skielik meer in Marko raak as die image van ’n “oppervlakkige” spiertier jock met ’n mooi glimlag.

’n Leuen dreig egter om hulle uitmekaar te skeur en gevolglik ook die opvoering te kelder. Om universiteitstoelating te kan kry, moet Marko ’n sportbeurs met sy krieketkolf losslaan. Terwyl hy uithaal en wys op die krieketveld, wonder Yvette of Marko werklik haar Romeo kan wees.

Genre: Drama, Romance
Cast: Ruan Wessels, Elani Dekker, Christopher Van Der Westhuizen, Row-Lean, Ruan Blum
Directed by: Andre Velts
Screenplay: Danie Bester, Tina Kruger, Berdene Burger
Music: Quinn Lubbe
Produced by: Danie Bester, Dries Scholtz
Language: Afrikaans

Links: Visit the ‘Jou Romeo’ official website  Visit the ‘Jou Romeo’ official Facebook page  Trailer on Nu Metro’s YouTube channel  Visit the ‘Jou Romeo’ official Twitter page  IMDb page for ‘Jou Romeo’  numet.ro/jouromeo         One-page HTML synopsis for Jou Romeo    #JouRomeo